VOORSANG TYDENS GEMEENTE SE FEESVIERING
- Orrelbegeleiding - ds Attie van Wyk
- Sep 28, 2015
- 2 min read

Sondag 26 September 2015
VOORSANG TYDENS DIE EREDIENS MET DIE VIERING VAN DIE GEMEENTE SE 160-JARIGE BESTAAN.
Die orrelbegeleiding word meesterlik gedoen deur
ds.Attie van Wyk
• Lied 190a :1
Grote God, aan U die eer! Heerlik is waar U regeer;
hemels is u majesteit; heilig u geregtigheid.
U wat alles onderhou, U is ewig en getrou.
U, oor alles God en Hoof, open oë van geloof dat ons sien, geen goed of kwaad word aan toeval oorgelaat:
Bokant ons begrip, verstand, hou U al wat is in stand.
Lied 200:1,3
U goedheid, Heer, kan ons nie peil nie - wie word daardeur nie diep getref!
Niks anders bring vir ons die heil nie - ons wil ons hart tot U verhef.
Aan U alleen ons dank en ere - U wat ons in u liefde lei.
U sal ons nooit vergeet nie, Here - U wil ons in u waarheid lei.
Vers 3
Sou ek, o Heer, U nie vereer nie, sou ek u goedheid nie verstaan?
Sou U my raad gee, ek nie leer nie, die weg wat U my wys nie gaan?
Nee, Heer, U rig my wil en strewe; u Woord bly my gedurig by.
Vul met u liefde ook my lewe om my in alles U te wy.
• Lied 280:1,3 Here, Redder, groot en magtig, U oorskou ons lewenspad.
In u liefde en genade het U ook ons hand kom vat.
Heer, u leiding bring bevryding U het ook my hand kom vat. U het ook my hand kom vat.
Vers 3
Lei my, Heer, na dié bestemming in u Woord my opgedra.
Laat my leef en werk met vreugde want dit sal volharding vra.
Heer, u lyding bring bevryding: Al ons skuld het U gedra, al ons skuld het U gedra.
• Lied 478:1, 4 Op vaste fondamente het God sy kerk gebou.
Apostels en profete het ons dít toevertrou:
Die Koning van die hemel herskep deur Woord en Gees verlorenes op aarde dat hul sy volk kan wees.
Vers 4
O Heer, skryf in ons harte dat ons dit nooit vergeet, al pynig ons die smarte al martel ons die leed:
Die kruis van ons Verlosser sluit vergesigte oop!
In 'n verwarde wêreld bring dit weer vaste hoop!
• Lied 157:1 Here Jesus, ons is saam, op u roepstem hier vergader;
saam verenig in u Naam kan ons tot die Vader nader.
Hoor die dank- en smeekgebede, Heer, van u gemeentelede.
Die diens word afgesluit met Lied 482:1 God sy met u tot ons weer ontmoet; Mag sy raad ons lei en heilig, Met sy kudde ons beveilig, God sy met u tot ons weer ontmoet
Comments