top of page
GEMEENTEBEDIENINGSAKSIE DEUR VROUE
Ons hou ‘n gereelde Bybelstudie in die kerksaal gerig op al die vroue van die gemeente.
Dit is ‘n geleentheid waartydens vroue die Here saam kan eer met lofsange.
Dit is ook ‘n geleentheid waartydens ons aan die hand van die ervarings van vroue uit die Bybel kan leer hoe die Here met ons handel.
Verder is dit ook ‘n geleentheid vir Christenvroue om bande van vriendskap te smee oor ‘n koppie tee.
Die jaarlikse wêreldbidddag vir vroue word hierby ingesluit.
Christa Beyers

Gemeentebediening is ‘n omvattende diensterrein wat die gemeente bedien en opbou tot vervulling van haar dienswerk.
Dit hou verband met die erediens, musiekbediening, vrouebediening en die toerus en bevordering van geestelike groei van lidmate.
bottom of page