top of page

 

 

                   

                   Senior Omgee-aksiegroep

 

                                          Kamdebo  plaaswyk  en dorpswyk  1 en 2.

 

Daar is ongeveer 90 lidmate bo die ouderdom van 70 in ons gemeente. 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Aangesien baie van die seniors se kinders oorsee woon,

is ‘n wêreldkaart  by Aalwynhof opgesit om aan te dui

waar elkeen woonagtig is.  Donderdae tydens die bybel-

studie en biduur by Aalwynhof word daar spesifiek vir hierdie

kinders met hul gesinne gebid.

 

Eredienste  word ook gebeeldsaai na Aalwynhof.

Aalwynhof voorsien ook gebalanseerde gekookte etes teen

'n geringe fooi aan inwoners wat etes by hul huise afgelewer wil hê.  

Verder maak die instansie voorsiening vir seniors wat op hulle eie

woon maar behandeling nodig het tydens siektes.  

Die hospice-kamers word dan hiervoor gebruik.

 

Die Omgee  aksie streef verder ook daarna om vermaak

aan die seniors te bied d.m.v. besoekende sangers of

plaaslike instansies. 

Daar is ook ‘n oefenprogram vir seniors wat nog wil fiks bly.

 

Besorgde inwoners  van Aberdeen reik ook uit na seniors

wat  finansieёl  swaarkry deur geldelike hulp, toiletware,

kospakkies ens. te voorsien. 

 

Die aksie poog om aan die einde van die jaar ‘n samekoms

te hê waartydens elkeen ‘n geskenkie ontvang.

 

Die omgee - aksie sien elke senior as baie spesiaal en kosbaar. 

 

 

 

 

            

Die aksie streef daarna om uit te reik na alle seniors in die dorp, ongeag hulle kerkverband.

Dit sluit besoeke of telefoonoproepe in tydens geleenthede soos moedersdag, Vadersdag, verjaarsdae ens.  In geval van siekte of beproewing word spesiale aandag aan bejaardes gegee d.m.v. besoeke, telefoonoproepe of kaartjies.

A Tribute in Rhyme to Zan Fitzgerald

 

If ever there was an angel…

                  (Debbie  Barnard)

 

 

If ever God had an angel walking the street

I think her name was Zan

Walking with Tackies ever so sweet

Doing for all that she can

 

Cheering us up when feeling down

Inspiring when we can’t see

Proudly wearing your servant crown

Being all God wanted you to be

 

Putting a smile on the face

Of someone lonely or confused

Aalwynhof was the place

Where most of your energy was used

 

Giving and sharing is what you did

With an open hand and heart

A box with an open lid

Where did it all start?

 

 More than a friend you were

A legacy left and engraved in my heart

An example to follow here

And humbleness being a good start

You were, and still are, one that I love with all of my heart

 

© 2023 by Uniting Church Arizona. all rights preserved.

  • facebook-square
  • Twitter Square
  • google-plus-square
bottom of page