top of page

Die geskiedenis van ons Bybelse Kunspanele.

 

“KYK,  EK  SLUIT ‘N VERBOND

MET JULLE  EN  JULLE

NAGESLAG.....”   Gen. 9:9

 

Ds. F.S. Vivier (Leraar in die gemeente vanaf 1971 – 2002)  het die Verbondsgeskiedenis as tema gekies en die verskillende panele geïdentifiseer om uit te beeld;  vanaf die skepping, deur die Ou Testament, tot in die Nuwe Testament.

 

Kliek op die foto om dit volledig te sien.

1. Die Skepping

 

In die begin het God die hemel en die aarde geskep – Gen 1:1

 

God het ook die mens geskape met wie Hy in ‘n perfekte verhouding geleef het.

 

2. Adam en Eva Sondig

 

Die Here God het die mens uitgedryf – Gen 3:24

En die Here God sê vir die slang:  “Haar nageslag sal jou  kop vermorsel”   Gen 3:15

 

Deur die sonde is die verhouding  verbreek,  maar die verlossingsplan  het ook begin. (Daar is beloof dat die Verlosser sou kom.) – die eerste treё  wat sou lei tot ‘n genadeverbond. Die verwysing na “haar nageslag”  bevat die eerste belofte van die koms van die Verlosser – die eerste treё wat sou lei tot ‘n genadeverbond.

3. Die eerste Verbondsteken.

 

Dit is die teken van die verbond tussen My en julle: My reёnboog  -  Gen 9: 12 - 15

 

As gevolg van die sonde op die aarde het die sondvloed as straf oor die aarde gekom.  Noag en sy huis word gespaar en God sê:  “Ek sal My verbond met julle hou:

“Daar sal nooit weer vloedwaters kom wat alle lewende wesens uitroei nie.   

4.  GOD  SAL  SELF  VOORSIEN

                                                                          
"My seun, God sal sy eie offerlam voorsien."  Gen. 22:8


Met die roeping van Abraham begin die geskiedenis van die verbondsrolle.  Abraham  het onwrikbaar geglo dat God hom ‘n groot nasie sou maak.  Ongeag die
omstandighede waarin hy hom bevind het, het Abraham altyd geglo dat die Here sou voorsien.
 

5. JAKOB SE DROOM

                                                                          
Die Here staan by Jakob en sê: "Ek is die Here die God van jou voorvader Abraham, die God van Isak. Ek sal die grond waarop jy lê, vir jou en jou nageslag gee.  ... en in jou en
jou nageslag sal al die volke van die aarde geseën wees.”  Gen 28:12-14

 

God herbevestig sy verbondstrou.

 

6. DIE WET

 

 Toe het God al hierdie gebooie aangekondig: "Ek is die Here jou God wat jou uit Egipte, uit die plek van slawerny, bevry het.”  Eks. 20:1,2


Met hierdie wetgewing verbind die Here homself weereens aan die volk.  Hulle hele toekoms sou afhang van hulle verhouding tot God  -  en hulle gehoorsaamheid aan die  verbond


 

7. BOAS EN RUT

 

Rut het toe saam met die werksters van Boas are opgetel totdat die gars— en
koringoes ingesamel was. .....Rut 2:23 

Hier is nou die geslagsregister van Peres:........Rut 4:18
Salmon van Boas, Boas van Obed,  

Rut 4:21.......... Obed van Isai, en Isai was die
vader van Dawid.  Rut 4:22


Met die vereniging van Boas en Rut was God besig om sy verlossingsplan in werking te stel. Die verbondsplan waarmee God besig was het in vervulling gegaan toe Jesus in ‘n stal in Betlehem gebore is.

 

8. GENADEVERBOD
 

Dawid en Batseba doen wat verkeerd is in die oё van die Here en Natan sê:  “Jy is

die man.”  2 Sam 12:7

 

Die God van die verbond is ook ‘n genadige  God,  sodat toe daar ‘n tweede seun vir Dawid en Batseba gebore word, was dit Salomo,  geliefde van die Here.

9 . SALOMO, MAN VAN VREDE
 
 

“Hy sal vir my Naam ‘n huis bou”   1 Kron 22:10

 

En so is die tempel gebou op daardie plek (Moria) waar Abraham die ram in die plek van Isak geoffer het.  Voorwaar, die Verbondsgod het voorsien.

 

10 . DIE VERBOND IS GEGROND IN JESUS
 
 

Toe Jesus die menigte mense sien het hy teen die berg opgegaan. Sy dissipels het na Hom toe gekom en Hy het hulle geleer.”  Mat. 5:12
    
“Julle het gehoor ............... maar Ek sê vir julle...”  Jesus bring hier die ou Testament en die nuwe Testament bymekaar.  Hy preek hier oor die koninkryk van God waarin ek as verbondskind deel op grond van my wedergeboorte.

 

11. ONS VERLOSSER WORD GEBORE
 
 

"Vandag is daar vir julle in die stad van Dawid, die Verlosser gebore, Christus die Here.” – Luk 2:11

In die geboorte van Jesus het ons ‘n vervulling van alles wat in die ou Testament belowe is. Jesus was die plan van God vir hierdie wêreld,  “...sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore sou gaan nie, maar die ewige lewe sou hê.”


 

12. LEWENDE WATER
 

Maar Jesus antwoord haar: ......Joh 4:14 maar wie van die water gedrink het wat Ek

hom sal gee, sal in alle ewigheid nooit dors kry nie. Nee, die water wat Ek hom sal

gee, sal in hom ‘n fontein wees met water wat opborrel en vir hom die ewige lewe

gee."

 

Jesus is God se gawe aan hierdie wêreld.  Hy gee water wat mense vir ewig kan laat leef. “Ek wil met julle ‘n ewige verbond sluit:  kom almal wat dors is, kom na die water toe. Ook die wat nie geld het nie, kom koop en eet."

13. DIE VERBOND WORD BESEëL
 

"Dit is my liggaam wat vir julle gegee word. Gebruik dit tot my gedagtenis."

.......... "Hierdie beker is die nuwe verbond, beseël deur my bloed, wat vir julle vergiet word.”   Luk 22: 19,20

                             

In die ou Testament was daar twee verbondstekens, nl. die Besnydenis en die Paasfees. Voor sy dood het Jesus die Paasfees verander na Nagmaal.  Die brood wat gebreek word wys dan na die Lam van God wat geslag en so “gebreek” is aan die kruis.  Die wyn herinner aan die kosbare bloed van Jesus wat vergiet is tot ‘n volkome versoening van al ons sondes.

14. DIT IS VOLBRING
 

Joh 19:30 Nadat Jesus die suur wyn gekry het, het Hy gesê: "Dit is volbring!"
Hand  16:31 Hulle antwoord hom: "Glo in die Here Jesus, en jy sal gered word, jy en jou huisgesin."


God wou in ‘n volmaakte verbondsverhouding  met die mens lewe,  maar weens die mens se sonde was dit nie moontlik nie.  Deur Jesus se sterwe alleen sou dit weer moontlik word.  Op heuwel Golgota het Hy gesterf.  Dit is volbring.  Alles is
afgehandel.

 

15. JESUS HET OPGESTAAN
 

Luk 24:6 “ ...Hy is nie hier nie. Hy is uit die dood opgewek.”
Joh 11:25 “Toe sê Jesus vir haar: "Ek is die opstanding en die lewe. Wie in My glo, sal lewe, al sterwe hy ook;”


Jesus Christus het nie in die dood gebly nie, maar opgestaan sosdat die gelowige ook al die heilsgoedere wat Christus deur sy dood verwerf het, deelagtig kan word, nl. vergifnis van sonde, die opstanding en die ewige lewe by God.  “Ek leef, en jul sal lewe.”


 

16. DIE HEMELVAART VAN JESUS
 

Luk 24:51 Terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle af weggegaan en is Hy in die hemel opgeneem.

Mat 28:20 “....... En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld."

 

Die kruisiging, opstanding en hemelvaart van Jesus was die finale oorwinning oor die bose waardeur Jesus Sy verbondskinders se redding bevestig het.

Deur Sy Gees is Hy met ons tot die voleinding van die wêreld.

17. DIE UITSTORTING VAN DIE HEILIGE GEES
 

Hand 2:4 “ Almal is met die Heilige Gees vervul.....”

Joh 16:13 “Wanneer Hy kom, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei.”

 

Jesus het Sy verbondskinders nie as wese agtergelaat nie.

18. DIE DOOP
 

Mat 28:19 “ ...doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en

Mat 28:20 leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het...”

 

Die Sakrament van die Doop is deur Christus self ingestel as ‘n sigbare teken van die Verbond.

“Ek sal vir jou ‘n God wees en jy moet vir My ‘n kind wees.”

Die  doop is die sigbare bewys dat God ons in genade aan Hom verbind en in ‘n besondere verhouding tot Hom laat staan. Deur die doop druk Hy Sy eiendomsmerk op die gelowiges.

19. DIE WEDERKOMS VAN JESUS
 

Opb  22:7 “ Jesus sê toe: "Kyk, Ek kom gou!”

Joh 14:3 “En as Ek gegaan het en vir julle plek gereed gemaak het, kom Ek terug en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.”

 

Dit sal die uur van finale oorwinning wees!

Daar is baie dinge wat mense van jou kan wegneem, maar jou hemelse erfenis as verbondskind, nooit nie.

20.  JESUS,  DIE  ALFA  EN  DIE  OMEGA

 

Opb 22:13  “Ek is die Alfa en die Omega, die Eerste en die Laaste, die Begin en die Einde.”

Opb 22:21  “Die genade van die Here Jesus sal by almal wees.”

 

Dit is die God wat met die mens ‘n verbond gesluit het.

Die God van  skepping tot met  wederkoms.

Hy sal eendag die laaste woord spreek in hierdie wêreld.

Hy is die eindpunt van al ons verwagtinge in hierdie wêreld.

OP ‘N LATERE STADIUM IS  TWEE PANELE IN DIE KERK AANGEBRING

 

Einde 2003 is die kerk se klanksisteem opgegradeer en ‘n projektor is aangekoop. Aangesien die twee vensters voor in die kerk toegemaak moes word t.w.v. die lig is Johanna König se hulp ingeroep. Sy het twee panele ontwerp volgens temas wat Ds. Jurie Wessels aanbeveel het.

 

 

21. VERWONDERING!

 

Opb 5:12 ......"Die Lam wat geslag was, is waardig om die mag en rykdom, die wysheid en sterkte, die eer, heerlikheid en lof te ontvang." 

22. DIE KERK

 

Mat 5:14 "Julle is die lig vir die wêreld. ‘n Stad wat op ‘n berg lê, kan nie weggesteek word nie;

 

Mat 5:16 Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik."

 

Mat 24:14 En hierdie evangelie van die koninkryk sal in die hele wêreld verkondig word, sodat al die nasies die getuienis kan hoor. Eers dan sal die einde kom."

© 2023 by Uniting Church Arizona. all rights preserved.

  • facebook-square
  • Twitter Square
  • google-plus-square
bottom of page