top of page

              Die meegaande stuk is ‘n verwerking van 'n werkstuk wat

                                                 ds Abe geskryf het. 

 

       Die bronne is uitgehaal om dit makliker leesbaar te maak en dit

                                          minder akademies te maak.

 

En let wel  - dis nie ‘n selfhelp-skema nie, maar eerder net om jou bewus te maak van die verwoesting van depressie en op op watter                    manier jy gehelp kan word om die depressie te oorwin.

 

 

                                                                             

                                                   

 

       

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

    DIE  HERKENNING  VAN  DEPRESSIE

Voordat die depressiewe persoon pastoraal begelei kan word tot herstel, moet jyself, en dan nou ook die berader, tot die ontdekking kom dat hier nou sprake is van depressie.  Daarom is die voor-die-handliggende vraag:

 

                wat is die simptome van depressie of                dan waarin word dit raakgesien?

 

Die algemene beskrywing van die uitwerking van depressie help ons                        om ‘n duideliker prentjie raak te sien.

Depressie word herkenbaar as ‘n lang periode (ten minste twee                                     weke) van hartseer of angs. 

Of meer duidelik: depressie vat die vreugde weg van aktiwiteite    

                      wat normaalweg vreugde verskaf het;

                    depressie verander eet- en slaappatrone;

      depressie bevorder skuldgevoelens, of skaamte/vernedering  

                       (shame) of die gevoel van hopeloosheid;

        depressie beïnvloed ons vermoë om besluite te neem, om te  

                     konsentreer, om te onthou, om te fokus;

               depressie ontneem ons die vermoë om op te tree; 

depressie skep ‘n “styfgesnaardheid”, of andersins ‘n totale apatie; depressie mag ook herhalende gedagtes van selfdood of dood bring.

 

‘n Interessante beeld om depressie te beskrywe kom uit die motorwêreld uit.  In moderne motors word die engin se werking deur ‘n rekenaar beheer.  Daar is ‘n magdom van sensors wat data bymekaar maak wat deur die rekenaar verwerk word om die verskillende stelsels in die engin te beheer.  As die rekenaar agterkom dat daar êrens fout is, bv die temperatuur is te hoog, dan verminder hy die kraglewering van die engin sodanig totdat die temperatuur weer na normaal teruggekeer het

– die sogenaamde “limp-home mode”.

Dan word die enginspoed beperk tot                   

net bokant luierspoed, al probeer die

bestuurder enigiets. 

Depressie is dan ook net so die liggaam

se manier om verdere skade te voorkom.

 

 

Daar is twee spesifieke lyste wat meer detail gee.  Die eerste lys word die Geel lys genoem. Die tekens in die geel lys beteken nog nie depressie nie, maar as die simptome nie behandel word nie, gaan dit lei tot depressie.  Die geel lys is risiko-situasies.  Daar is die volgende:

  • ‘n verlies aan vreugde in bekende aktiwiteite

  • die gevoel van rusteloosheid, moegheid en ongemotiveerdheid in jou werk

  • ‘n verhoogde geïrriteerdheid en ongeduld

  • ‘n gevoel van “opgewen” of dan aan

   die ander kant die gevoel van “oorweldig”

 

 

 

  • ‘n gevoel van oorlaai deur die lewe en al sy verpligtinge

  • ‘n gebrek aan vrede en goed-voel

  • om verligting te kry deur die beheer van jou gewoontes, eet en drink ingesluit

  • ‘n vrees vir die belewenis van sterk emosies

  • ‘n konstante angs of vrees rondom die toekoms

  • ‘n gevoel van “ek word nie waardeer nie”

  • ‘n gevoel dat ek ‘n martelaar is

  • ‘n patroon van impulsiewe denke of kras oordele oor ander

  • seksuele probleme of verlies van enige belangstelling in seks

  • om ander se lyding of ongemak te geniet

  • woede teenoor die Here God

  • herhalende voorkoms van hoofpyne of spierpyne of liggaamspyn

  • sosiale issolasie en die vermyding van vriende en familie

  • die gevoel van vasgevang wees deur daaglikse verpligtinge

 

 

 

 

 

 

  • die gereelde kritiese kommentaar oor ander

  • die gevoel dat jou beste dae is verby en die toekoms lyk maar donker

  • die gevoel van die lewe het my agter gelos

  • eet van hoë-kalorie kos om beter te voel

 

  • gee niks meer om oor hoe die dag gaan verloop nie

  • wil eerder alleen dinge doen as om dit saam met ander te doen

  • herhalende ervaring van spastiese dikderm

  • die gevoel van in my liggaam vasgevang

  • wil famlie of vriende saamtrekke ten alle koste vermy

  • ervaar die gevoel van oorgewig, onaantreklik of waardeloos

  • ongemotiveerd om iets nuuts te probeer, nuwe idees of aktiwiteite of verhoudings

 

Daar is ook ‘n tweede lys, wat genoem word die Rooi lys, waar die simptome dringende ingryping vra:

  • ‘n betekenisvolle verandering in eetlus, wat meer as twee weke duur, wat tot gevolg het ‘n verandering in gewig.

  • herhalende patroon van slaapversteuring vir langer as twee weke, waar die persoon sukkel om aan die slaap te raak of te bly slaap, of slaap buitengewoon baie.

  • verhoogde aggressie of geïrriteerdheid of die onvermoë om te ontspan, wat dan vir langer as twee weke aangaan.

  • die gevoel van uitgeput wees, verlies van energie wat vir ‘n tydperk langer as twee weke aanhou.

  • die gevoel van hartseer, radeloosheid, eensaamheid, waardeloosheid, wat vir langer as twee weke aangaan.

  • onvermoë om te konsentreer, of te fokus of om besluite te neem, wat dan vir langer as twee weke aangaan.

  • herhalende gedagtes oor dood of selfdood.

  • beplanning of uitvoer van selfdood.

 

Die volgende “waarskuwingstekens tov uitbranding” is ook van toepassing om ons te help om depressie te herken:

 

  • Uitputting.  Dis al hoe moeiliker om jou normale pas te handhaaf

  • Onttrekking. Jy plaas al hoe meer afstand tussen jou en ander persone, want daar is nie meer energie oor om die mense naby aan jou se laste ook nog te dra nie

  • Verveeldheid en sinisme.  Jy begin om al hoe meer die sin van die lewe te bevraagteken.

 

  • Verhoogde ongeduld en geïrriteerdheid. 

  • Jou vermoë om dinge gedoen te kry,

   neem al hoe meer af.

 

                             Punt 2 volg direk hier onder.

 

     

 

 

      

                              

2.  OORSAKE VAN DEPRESSIE

 

2.1   Emosionele oorsake van depressie   

 

Depressie kan beskryf word as woede wat na binne gerig is, of depressie is opgekropte of onderdrukte woede.  Die onderdrukte woede het dan tot gevolg dat al die optimisme verdwyn.  Verder veroorsaak vrees ook depressie, vanweë die hoë emosionele eis daarvan – bv wanneer die toekoms nie opgewonde ingewag word nie, maar gevrees word.  Of wanneer voortdurende emosionele skuld ervaar word, kan dit lei tot depressie.

 

Daar is ook die gedagte van bitterheid  wat ook ‘n emosionele oorsaak van depressie kan wees.  Die voortdurende onderdrukte emosies kan dan later lei tot depressie.  Die basis van die bitterheid is ‘n voortdurende onvergenoegdheid oor omstandighede, agv onverwerkte konflikte met ouers; of ook interpersoonlike konflik, wat spruit uit onverwerkte seer en emosionele bagasie; of intense op-en-af-emosies wat ook kom uit onverwerkte emosionele pyn; of onrealistiese kritiese verwagtinge (perfeksionisme); of die onvermoë om te vertrou “want die Here het my teleurgestel”; of ontkenning van die beleefde pyn word sigbaar in die bitterheid; of in die afwesigheid van dankbaarheid, ander kan net nie ruimte gegun word nie; of ‘n heeltemal onverskillige houding teenoor die lewe agv die onderliggende bitterheid; of in woedeuitbarstings waardeur die bitterheid sigbaar word.

 

Verder emosionele oorsake van depressie is ook mense se reaksie op eksterne omstandighede – dinge soos ‘n vinnige oorlaaide lewenstempo en waar dan nie “nee” gesê kan word nie, of wanneer die een na die ander krisis opduik en daar nie die vermoë is om dit te hanteer nie. 

 

‘n Ander emosionele oorsaak van depressie is die verdedigingsmeganisme van werkoholisme.  Die verband tussen depressie en werkoholisme is dat die persoon handhaaf die verskriklike tempo,                                  en indien hy sou stadiger beweeg,                                             dan ervaar hy skuldgevoelens, omdat                                      hy nie alles doen wat hy behoort te doen nie. 

 

 

 

 

 

Op die lange duur kan die persoon dit dan nie meer volhou nie – die uiteinde is depressie.  Saam met die skuldgevoelens gaan ook vrees, vrees vir die gevolge van  jare se verwaarlosings van verhoudings,  en van gesondheid. 

 

 

Wat van groter belang is, is die motivering wat agter die werkoholis sit – wat genoem word die denkbeeldige innerlike stemme.  Die oorsaak van hierdie “stemme” is dikwels die onrealistiese verwagtinge wat die ouers van hierdie (gewoonlik eerste) kind van hom gehad het.  Vgl die gevolge van die druk wat die pa van Oscar Pretorius kleintyd op hom gesit het om as kind sonder bene normaal te moet funksioneer.

 

Daar is 'n stem uit die kinderjare wat soort van vir die werkoholis sê: jy is eintlik niemand – wat kan jy doen om te bewys dat jy iemand is?                                                                                                                                                                       Die werkoholis begin dan

om meer en meer te werk,

maar dan begin die stem weer sê: 

dit is goed, maar nog nie goed genoeg nie.

 

Daar is dan ook die stem wat vir die werkoholis wil laat verstaan;  jy kan doen wat jy wil, jy kan jou lewe geniet soos jy wil – dus sal ek aangaan op hierdie patroon.

Of daar is die denkbeeldige stem

van die kollegas;  jy kan nie verlof insit nie,

want wat sal van die werk word?

 

 

 

‘n Verdere verduideliking van die verband tussen werkoholisme en depressie is: 

      -daar is dikwels ‘n rebelsheid teen gesag, agv vroeëre  

        verwagtings waaraan nie voldoen kon word nie

      -indien die persoon ‘n taak ten alle koste wil afhandel (werk

       dag en nag), dan is die onderliggende idee van: ek sal hulle

       wys,  wat weer verband hou met die gevoel van

       waardeloosheid.

      -daar is ‘n styl van om nie meer om te gee vir wie ek wat sê

       nie, om al hoe meer arrogant te raak, want “net ek is  

     reg”.

      -die persoon onderdruk sy gevoelens totaal en al, dis net  

       feite en dis al.

 

Indien hierdie bose kringloop nie gekeer word nie, of die persoon nie uit die greep van hierdie drywing gehaal kan word nie, is depressie sy voorland.

 

Alhoewel dit nie hier is die stuk hoort nie, maar eerder onder die afdeling van herstel/hantering van die depressie, is dit tog sinvol om hier ook die ou Kerkvaders se voorstelling van lewensprioriteite deur te gee:

 

-rus       -          slaap               -           meditering                 -                       werk

 

‘n Verder oorsaak van depressie is verliese wat nie hanteer kan word nie.  Daar is selfs by sommige

die angs wat kan ontstaan by mense

wanneer hulle nie meer elektronies

in verbinding is met ander mense nie.

 

 

Daar is ook ‘n verband tussen onafgehandelde rou, en depressie.  Indien mense nie bereid is om die pyn in die oë te kyk (te omhels) nie, en dan bly die emosie daarvan altyd in die agtergrond – wat dan bydrae tot die vorming van depressie.

 

Daar is ook nog emosionele faktore wat depressie kan bevorder:  verliese; na binne gekeerde woede oor bv die dood van iemand; as my selfbeeld ‘n knou kry; post tramatiese stres en skuldgevoelens.

 

 

2.2   Fisiese oorsake van depressie

 

Daar is ‘n paar fisiese oorsake van depressie waarvoor opgelet moet word.

  • Lae bloedsuiker.  Dit word veroorsaak deur mense se eetgewoontes, bv te veel hoë konsentraat koolhidrate waardeur ‘n groot hoeveelheid suiker (glukose) in die bloedstroom beland en wat ‘n vinnige bron van energie is (stimulant), maar wat dan na ‘n kort tydjie weer “uitgwerk” het. Dit laat dan die persoon sonder energie.  Alhoewel die lae bloedsuiker nie direk depressie veroorsaak nie, kan die op en af van energievlakke, asook die lusteloosheid en dofheid wat met lae bloedsuiker gepaard gaan, wel op die ou einde depressie veroorsaak. 

  • Hart siektes.  Die vermoede bestaan dat die verlaagde bloedvloei sorg vir ‘n verlies aan lewenslus, wat dan bydra tot die vorming van depressie.

  • Yster-tekort.  Die simptome vir ‘n ystertekort en depressie is wel dieselfde, maar omdat jy met die yster-tekort dieselfde moegheid en lusteloosheid ervaar van depressie, kan dit lei tot depressie.

  • Slaap-apnee.  Die feit dat die persoon nie uitgerus is nie maak dat sy simptome van moedheid later kan oorsit in depressie.

  • Gluten-allergie.  Omdat die liggaam nie die nodige voedingstowwe kan opneem nie, word die liggaam se vermoë om serotonin te vervaardig, beperk, wat dan weer lei tot depressie.

  • Diabetes. Wanneer die bloedsuikervlak nie behoorlik beheer kan word nie, word die inname van voedingstowwe van die liggaam ook negatief geaffekteer.

  • Seisoenale geaffekteerdheid.  Die lengte van die winterdae kan die produksie van melatonin negatief beïnvloed.

  • Oorerflikheid.  Daar is genoeg aanduidings dat depressie in ‘n families voortgaan.

  • Dehidrasie.  Te min water laat die toksiese vlakke in die

  • liggaam verhoog, asook moegheid en lusteloosheid.

  • Kosverslaafdheid.  Die magteloosheid wat die kosverslaafdheid bring, asook die moontlike vetsug, lei tot depressie.

  • Skildklier.  Die oor- of onderaktiewe skildklier lei tot depressie.  Die simptome van onderaktiewe skildklier is juis slaaploosheid, moegheid, afplatting van serotoninvlakke.

 

               KLIK  HIER VIR DIE VERVOLG VAN DIE ARTIKEL

 

 

 

 

© 2023 by Uniting Church Arizona. all rights preserved.

  • facebook-square
  • Twitter Square
  • google-plus-square
bottom of page