Diens van Barmhartigheid


In ons midde is daar mense wat swaarkry. Mense wat om verskillende redes nie die mas alleen kan opkom nie. Die Here noem ons mekaar se naastes. Dit is waarom ons mekaar help.
As enkelinge is dit nie vir ons moontlik om hulle op ‘n sinvolle wyse by te staan nie. Maar as ‘n gemeente is dit ‘n heel ander prentjie. Saam-saam kan ons ‘n groot verskil maak.
Dit is waar die Vrouediens se aksie, Diens van Barmhartigheid, as middelman optree om dit wat ons byeen kan bring, weer op ‘n sinvolle wyse te versprei waar hulle die nood sien.
Ons kan onsself die vraag vra waarom ons dit nou sal wil doen?
Die Woord maak dit vir ons duidelik dat dit is wat God graag wil hê, want Hy het alle mense lief en wil graag deur ons harte en hande in mekaar se behoeftes voorsien.
Hoor wat die Here sê:
Isa 58:6 Is die vas wat Ek wil hê, nie dÃt nie: .......................
Isa 58:7 Is dit nie dat jy vir dié wat honger is, van jou brood gee nie,
dat jy aan die armes en die dakloses ‘n blyplek gee nie,
dat wanneer jy iemand sonder klere sien, jy vir hom klere gee nie,
dat jy jou medemens nie aan sy lot oorlaat nie?
Isa 58:10 .................as jy jou wy aan dié wat honger het,
as jy voorsien in die behoeftes van dié wat in nood is,
sal die lig vir jou skyn wanneer dit donker is, sal wat vir jou nag is, word soos die helder middag.
Dink Hieroor!
Almal van ons het by ons huise iets wat iemand anders kan help. Al is dit net ‘n brood. Maar ons weet almal hoe tyd deur ons besige lewens en ander omstandighede opgeslurp word.
Daarom het ons besluit om voortaan ‘n trommel in die syportaal van die kerk te hou waar jy op ‘n Sondagoggend ‘n bydrae kan laat as jou hart jou so lei.
Enige bydrae is welkom; groente, vrugte, blikkieskos, klere of enige-iets sal welkom wees. Groter items kan by die kerksaal afgelaai word.
Baie dankie vir jou bydrae.
Tillie Beneke.