VROUEDIENS

INDELING
Die Vrouediens is ingedeel in 5 aksies, nl. Getuienisaksie, Diens van Barmhartigheid, Jeugaksie, Gemeentebediening en Omgee-aksie vir seniors.
Elke aksie is toegeken aan 3 wyke wat onderling moet saamwerk om die pligte en gees van die spesifieke aksie tot lewe te bring.
Die bedoeling is dat die susters wat elke aksie bedien na twee jaar sal aanskuif na die volgende aksie, om sodoende elkeen 'n beurt te kry om in elke aksie werksaam te wees.

FOKUS
Mat 5:14
"Julle is die lig vir die wêreld.
‘n Stad wat op ‘n berg lê,
kan nie weggesteek word nie;
Mat 5:16
Laat julle lig so voor die mense
skyn, dat hulle julle goeie
werke kan sien en julle Vader
wat in die hemel is, verheerlik."
BEMOEDIGING
Vra jouself met watter mate van entosiasme en samewerking
jy hierdie taak aanpak wat aan jou toevertrou is.
Onthou dat daar in elke aksie ruim geleentheid is vir elke vrou
om haar deur die Gees te laat lei en haar eie talente te gebruik
om hierdie saak te dien. Kontak die leidster hieroor.
Laat ons dan in eenheid en onderlinge liefde skouer aan die wiel
sit om die taak wat aan ons toevertrou is, te doen.

ALGEMEEN
Alhoewel die Getuienisaksie ook een van die aksies is, is al die aksies in wese
"getuienisaksies."
Dit is net die werkspraktyk van elke aksie wat hulle van mekaar onderskei, want die hart van elke aksie moet sodanig klop dat dit die opdrag van Jesus om 'n lig vir die wêreld te wees sigbaar maak in ons gemeente en gemeenskap.
I'm a paragraph. Click here to add your own text and edit me. It’s easy. Just click “Edit Text” or double click me to add your own content and make changes to the font. Feel free to drag and drop me anywhere you like on your page. I’m a great place for you to tell a story and let your users know a little more about you.