top of page

 

 

 

 

 

 
GETUIENISAKSIE
 
     (Lees die Bedankings asb heel onder)
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 

                   FOKUS

In die Woord lees ons hierdie opdrag van Jesus:

 

Mar 16:15 Hy het vir hulle gesê: "Gaan uit, die hele wêreld in, en verkondig die evangelie aan die hele mensdom.

 

Luk 24:47 en in sy Naam moet bekering en vergewing van sondes aan al die nasies verkondig word, van Jerusalem af en verder.’

WAAROM  SAL  ONS  DÍE WOORDE  VAN  JESUS  GEHOORSAAM? 

 Jesus  het dit gesê net voor hy opgevaar het na die hemel toe.  Dit beteken tog seker dat dit - as sy laaste woorde aan sy dissipels - vir Hom baie belangrik was.

 

Jesus het in gehoorsaamheid aan sy Vader  sy lewe opgeoffer vir ons.  Hy het sy taak afgehandel, maar nou is dit ons - wat die  goeie nuus reeds gehoor  en aangeneem het - se taak om dit verder te verkondig.  En al voel ons ook hoe onbekwaam, het die Here ons met sy Gees toegerus om ons te help.  Hy het nie vir ons almal dieselfde gawes gegee nie,  maar elkeen van ons mag op die wyse wat Hy ons lei ons klein bydrae maak.

 

 

WEERSTAND

 

 

'n Mens sou dink: wat is nou makliker as om vir mense die goeie nuus te bring dat hulle sonde vergewe kan wees?

Maar ons het 'n vyand wat teen ons veg.

Hy oortuig mense dat hulle nie sonde het nie,

of dat hulle sonde te erg is om vergewe te word. Of wat ookal.

Dit is dus 'n stryd, maar dit is 'n stryd vir en saam met Jesus.

Kom ons doen elkeen ons klein deeltjie  -  in al die aksies - maar veral hier in die Getuienisaksie om Jesus se opdrag te gehoorsaam.

 

                                               GETUIENISAKSIE  2015

 

1.   Tydens 'n vergadering wat op die 26  Maart 2015 gehou is,  is daar op 'n voorstel van Christa Beyers    

      besluit om gedurende 2015 ons aandag toe te spits op die hospitaal.

      Daar is reeds mense byeen wat om verskeie redes ons ondersteuning nodig het. Of dit nou is om die           Goeie Nuus te ontvang dat daar vir ons Verlossing deur Jesus is, en of dit nou om ander redes is:

      die veld  lê oop vir ons om Jesus se liefde oor te dra.

 

      Ons het sedertdien gevind dat dat daar waarlik 'n behoefte is by pasiente om deur die wonderlike Goeie Nuus       van Jesus se verlossingsaanbod vertroos en bemoedig te word.

  •  Daar is ook 'n geleentheid om pasiente se vreugdes te deel,  veral daar waar nuwe lewentjies die lig gesien  het, en dan is dit vir ons 'n voorreg om hulle aan die Here te kan opdra en Sy leidende hand oor hulle af te  bid.

  •  Dit is so 'n geweldige verantwoordelikheid wat 'n ouer het om op daardie nuwe bladsy te mag en te  moet skryf, dat dit 'n goeie geleentheid is om moeders aan te moedig om dit met die hulp en leiding  van God te doen;  voordat die vyand sy verwoestingswerk begin doen.

  •  Is daar dalk iemand in ons gemeente wat die behoefte het om 'n "Ouerleidinggroep"  vir jong  moeders te begin?    Skakel asb hierdie nommer.  (049 8460 138)   

 

2.    Die Getuienisaksie nooi almal wat 'n behoefte het om Jesus op hierdie wyse te dien, (d.i. in die  

       hospitaal, of dalk by die kliniek, of waar die Heilige Gees jou ook al lei,)  om by ons aan te  sluit.

 

          3.    Verder het 'n evangelis van die "Afrika Jeug Evangelisasie,  Joseph  Chauke,  ons  

                 besoek.  AJE is 'n bediening wat reeds vir baie jare evangelisasiewerk doen onder die jeug.

                 Daar is 4 skole; 4 plase; 5 verskillende kerke; die hospitaal, Aalwynhof; die polisie; 'n groep    

                 huiswerkers en 'n private Bybelstudiegroep besoek.

 

                 Soms dink 'n mens dat alle mense die verlossingsboodskap lankal behoort te ken, en dit inhibeer ons  

                 om vrymoedig te wees met die oordra daarvan.   Maar, van tyd tot tyd is 'n nuwe dringende  

                 uitnodiging waardevol om siele te red.   Ons kan maar net die saadjies saai en in  vertroue hoop op die                  Gees om dit tot wasdom te bring.

 

 

 

 

                                                                                           BEDANKINGS

 

  • Ons wil ons dank betuig aan mnr. Danie Blom van  die'  Afrika Jeug Evangelisasie'   en evangelis Joseph Chauke.   Ons stel julle jarelange toewyding aan hierdie saak hoog op prys.  Ons weet dat Jesus, wat so 'n groot prys betaal het om ons te kan red, julle volharding op hierdie gebied sien en sal beloon.

       

  • Ds. Abe, wat  sy tyd geoffer het  en baie geduldig karweier gespeel het na die plase toe, en vir Christa wat baie geduldig tuis gebly het.  Baie dankie.

 

  • Danie en Sandra, wat met moeite al die  afsprake gemaak het en mildelik bygedra het om vir Joseph,  en vir ons, versadig te hou.  ook vir jou aandeel aan die skoolbesoeke, Danie.  Ons waardeer dit van harte.

 

  • Aan die boere wat hulle werkers georganiseer het, selfs daar waar hulle self nie kon by wees nie.

       Hantie,  Lydia en Lana - ook vir julle finansiele bydrae -  Rykie,  Sieg wat sy werkers aangery het,  en Hennie en        Joan wat ons so geil ontvang   het. Baie dankie.

 

  • Baie dankie ook aan Braam vir die groepe wat hy byeengebring het en ook aan jou, Jurgens vir die vrygewige bydrae wat jy gemaak het  tot die saak.

© 2023 by Uniting Church Arizona. all rights preserved.

  • facebook-square
  • Twitter Square
  • google-plus-square
bottom of page