top of page

2.2.  Vervolg - Fisiese Oorsake van Depressie

 

                                                                             

                                                   

 

       

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

      

                              

Ander fisiese faktore

 

wat bydrae tot die depressie is wanneer daar hormoonfluktuasies is, soos tydens puberteit, of die sg.   nageboortelike depressie, of tydens pre-menustuasie, of tydens die oorgangsjare – dan is daar groot gemoedskommelings wat aanleiding gee tot depressie.  Virus-infeksies of eenvoudige uitputting word ook soms die oorsaak van depressie. 

 

Allergië en Sensitiwiteit.     

Wanneer die liggaam allergies is vir ‘n bepaalde kossoort, dan is die liggaam se reaksie nie (soos verwag) dat hy die voedselsoort verwerp nie, maar daar ontstaan juis ‘n smagting na die kossoort (soos verslawing). 

Die uitwerking van die kos-allergie is dan juis depressie, agv die verhoogde energieverbruik deur liggaam.

 

Suurdeegvergiftiging lei tot verhoogde infeksies wat dan weer lei tot kroniese moegheid, omdat die normale voedingstowwe nie deur die liggaam geabsorbeer word nie.

 

Ander vorme van vergiftiging kan wees metale soos Lood, Aluminium, Kwik, Koper of dan oplosmiddels soos Benzine vergiftiging – en die blootstelling aan hierdie middele kan dan lei tot depressie. 

 

Ook middele soos alkohol, tabak,

               voorbehoedpille, antihistamien

                 medikasie, kaffiëne en antibiotika

                    kan lei tot depressie. 

 

Die volgende opmerking is sinvol:  “wanneer die seronienvlakke in die liggaam reg is, stel dit ons in staat… om liefde, vrede, selfbeheersing, asook energie deur die dag, en ‘n goeie slaappatroon deur die nag, te kan handhaaf”.

 

 

2.3       Geestelike oorsake van depressie

 

In kort is die geestelike oorsaak van depressie die opgekropte woede wat die persoon ervaar teen die Here God self – dit is Hy wat my in die steek gelaat het, waarom voel ek so, waarom gaan dit so sleg met my?

 

Of aan die ander kant is beleef die persoon dalk skuldgevoelens teenoor die Here God vir wat hyself gedoen het – en daarom “verdien hy nie enige liefde nie”.

 

 

 

 

 Verdere geestelike oorsake van depressie is bv aanvalle deur die bose, verkeerde prioriteite waar my fokus nie op die Here God is nie. 

 

Of iemand beskryf prestasiedwang as oorsaak van depressie:  Ek behoort beter te doen, ek moes beter gedoen het.  Hierdie prestasiedwang voor die Here lei later tot depressie, omdat die persoon dan nooit goed genoeg is nie.

 

2.4  Wat is depressie?

 

Die mediese/chemiese aspek van depressie is volledigheidshalwe ingesit as bylae B aan die einde.

 

                

                               Die  artikel vervolg  HIER

© 2023 by Uniting Church Arizona. all rights preserved.

  • facebook-square
  • Twitter Square
  • google-plus-square
bottom of page