top of page

3.   PASTORALE BEGELEIDING VAN DIE DEPRESSIELYER

 

                                                                             

                                                   

 

       

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

      

                              

3.1       ‘n Voorbeeld uit die Bybel uit  

 

Die storie in die Bybel van iemand wat ernstig onder depressie deurgeloop het, is die verhaal van profeet Elia (1 Konings 19). Die storie word aangeheg as Bylae A.

 

3.2       Hoe sê ek die woord “depressie” vir myself?

 

Die volgende is om jou te laat besef dat dit nie so maklik is vir ‘n berader om die woord “depressie” te gebruik nie – want daar is maar stigmas rondom die siekte.  Die berader moet daarom baie versigtig en taktvol wees; hy moet sy bekommernis oor jou deurgee; hy moet jou bemoedig deur te noem dat hulp beskikbaar is en behandeling suksesvol is; hy moet stereotipes en stigma betwis; hy moet oppas vir skuldgevoelens en blaam; en hy moet jou aanmoedig om beheer oor jou eie lewe te herwin.

 

Die berader moet dan die volgende nastreef:

  • Luister.  Luister met sy hart, oë, kop en ore!  So sal hy kan vasstel wat jou vlak van funksionering is. Hy moet luister vir liggaamlike- en emosionele klagtes.  Hy moet hoor wat is jou uitdagings en stryd.

  • Assesseer. Gedurende elke sessie, moet jou behoefte en vordering gekyk word na.  Dit sal jou help om te bepaal wat afgehandel kan word en wat nog gedoen moet word. 

  • Normaliseer. Die berader moet jou eie woorde gebruik om te beskryf waar is jy in die proses van krisis of rou.  Hy moet jou verseker dat dit normaal is gedurende hierdie stadium en hy moet verseker dat fisiese, emosionele en godsdienstige worstelinge sal kom en gaan en dat dit normaal is. 

  • Gerusstelling. Hy moet jou verseker dat jy deur die proses sal kan werk al voel jy nie nou so nie.  Hy moet jou verseker dat ander jou sal bystaan.

  • Ondersteuning. Hy moet elke poging wat jy maak ondersteun, en hy moet jou wys daarop dat jy die vermoë het om vorentoe te beweeg. 

-    Opvoeding.  Hy moet ook, wanneer van toepassing, vir jou inligting en leesstof gee, al  

      moet hy soms die inligting herhaal, want jou konsentrasie is nie baie goed op hierdie    

      stadium nie.

-    Monitor. Hy moet bedag wees op tekens by jou van depressie, regressie, onttrekking,

      woede en selfmoordneigings. 

 

  Hantering van die emosionele element van depressie

 

In kort,  jy moet stukkie vir stukkie leer om ‘n gesindheid van optimisme, hoop en vreugde te verkry.

 

Die gedagte van die pastorale hantering van depressiewe persoon is dat die persoon begelei moet word om ‘n meer doelgerigte lewe hê, of dan nou minder magteloos uitgelewer aan die oorweldigende druk van omstandighede.                                                                                                                                                                                                                   Daarom is die eerste stap om soort van voorraadopname

te maak van al die verantwoordelikhede en aktiwiteite.

  Letterlik kan die berader dit bv op ‘n blaaibord skrywe

in ‘n swart sirkel met ‘n swart pen

(om die donker-idee van die depressie te illustreer).

 Elkeen van hierdie verantwoordelikhede en aktiwiteite kan dan deurgewerk word itv sinvolheid en of dit nog aan hul oorspronklike doel beantwoord,

 of dit bydra tot vervulling en

of aan die ander kant dreinering.

 

 Die berader kan dan die aktiwiteite wat sinvol en opbouend is, bv in groen buite die swart kring op die blaaibord skrywe.  Die gedagte is om jou te help om die aktiwiteite van jou lewe in perspektief te plaas:  die berader moet ‘n lys maak van jou aktiwiteite en verpligtinge,  en dan teenoor elkeen skryf of dit opbouend (fulfilling) is en of dit dreinerend is. 

 

Hy moet ook vir jou ‘n spesifieke plan van aksie in die hantering van jou depressie verkry.  Dit kan klein dingetjies wees, soos bv hoe laat gaan ons soggens opstaan;

 wat gaan ons eerste reaksies wees teenoor ons huweliksmaat;

 gaan ons ontbyt eet;

 gaan ons stiltetyd hou;

 watter take gaan ons wanneer doen;

 watter sosiale kontakte;

 dieet verander;

 oefening, ens.

 Die doel van die eenvoudige plan van aksie is juis om jou te help om in beheer te kom, om nie so uitgelewer te wees aan omstandighede nie.

 

Alhoewel dit goed is vir die berader om jou sterk punte op te bou, moet die berader ook jou denkpatroon verander.  Jy moet bv geleer word om positief oor jouself te praat – die bekende tegniek van selfspraak.  Dit is ook goed en wel om jou gevoelens te erken, maar daar moet meer fokus wees op dit wat jy goed doen.

 

Daar moet ook gefokus word op hoe om emosioneel na jouself om te sien. 

  • deur te lag, want lag stel hormone in die brein vry wat jou goed laat voel

  • om aan te hou om ‘n positiewe self-gesprek te hê.  En as dit oor die verlede gaan en die foute wat daar gemaak is, vergewe jouself.

  • fokus op die teenswoordige.  Moenie fokus op die mislukkings of prestasies van die verlede nie, en ook nie net op die toekoms nie, want dan gaan jy klaar moedeloos raak.

  • fokus op gereelde tye op

 

 

 

  • ontspanning                                    en vryetydsbesteding. 

 

 

 

 

 

  • Vermy sepies en TV nuus

  • werksverandering.  Soms mag dit nodig wees om

 

 radikaal van omgewing                                  

 

 

 

   en selfs werk te verander twv die herstel.                                 na  

 

 

 

Die rol wat ‘n dodelike vaste roetine speel is ook van belang – as deel van die herstel van die depressiewe persoon kan daar ‘n “plan B” begin word, ‘n program met meer van ‘n verskeidenheid aktiwiteite –

van fisiese,

tot aanbidding en verwondering van die Here,

tot sosiale kontak, ens.

 

 

 

 Daar kan ook gekyk word na die seksuele sy van ‘n verhouding, of daar skuldfaktore is wat uitgeklaar moet word, is die seksuele in ‘n ondersteunende verhouding?

 

Daar kan ook na gekyk word na die positiewe uitwerking daarvan op iemand om iets goeds te doen vir iemand anders.  Daarby aansluitend moet jy gehelp word om die patroon van toegee aan afguns en jaloesie te verbreek.

 

 Die bevrydende rol wat die regte verwoording van emosies speel (die “ek is”-uitsprake), kan nie oorskat word nie.  Daarby is daar ook die rol wat vriende kan speel – iemand wat vir my ‘n klankbord is teenoor wie ek met vrymoedigheid kan praat.

 

Dit gaan ook daaroor om te verstaan hoekom jy ‘n bepaalde aktiwiteit doen, wat is die motivering – bv ek doen baie barmhartigheidswerk uit vrees om nie onaanvaarbaar te wees nie, of wil ek altyd in beheer wees van ander mense en situasies, want dan is ek veilig?  Is die oorspronklike motivering nog geldig?

 

Die volgende fokuspunt in die pastorale begeleiding van die depressiewe persoon in terme van emosies, is om die rol van verhoudings deur te werk – eerstens die rol van die gesin van oorsprong.  Omdat die gesin die plek is waar jy reeds van kleintyd af jouself leer ken (sien jouself in hulle oë), en wat jou selfbeeld is, is dit nodig om hulle rol uit te klaar.

 

 Die interaksie van die familie destyds, bepaal grootliks hoe ek myself sien as volwassene.  Bv, was die ma in die gesin totaal oorheersend en daarom was dit veilig om eerder maar “niks” te wees nie, en daarom tree die volwasse persoon nog steeds so op.  Aangeleerde lewenstyle of outomatiese reaksies op situasies is dan aspekte wat uitgeklaar moet word. 

Die rol van die huidige verhoudings moet ook uitgeklaar word – bv ontneem die persoon saam met wie ek moet werk al my vreugde, dreineer die persoon my totaal? Die herstel van verhoudings is dus net so belangrik.

 

‘n Interessante faktor is die rol van verhoudings deur middel van die elektroniese media (virtual relationships).  Wat is die rol hiervan?  Bv beleef ek angs as ek nie elektronies verbind is nie, of ontstel dit my as ek nie genoeg “volgelinge” op Twitter kry nie, ens?  Is die elektroniese wêreld ‘n wegkruipplek om nie persoonlike verhoudings te hê nie?

 

Dit is belangrik vir jou om verhoudings op te bou.  Bv deur waardering te toon vir die ander een, deur die waarheid te praat, en laat toe dat die ander persoon die waarheid praat of sy eie besluite neem, en skenk vergifnis, ens.  Maar soms gaan die verhoudings op die ou einde jou voor ‘n keuse bring – as die mense met wie hy in ‘n verhouding staan, nie bereid is om sy nuwe grense te aanvaar nie, dan moet die verhouding beëindig word.

 

‘n Volgende aspek wat hanteer moet word in die herstelproses, is die hantering van onverwerkte rou.  Die eerste stap is om deur die ontkenning te breek; dan om weer daardie ou herinneringe oop te maak; en dan moet die gepaardgaande woede vir die verlies deurleef word; en dan moet die skuld in die proses bely word en vergewe word; en dan kom die treur, die huil oor die verliese; sodat jy ten einde laaste maar net hierdie ondraaglike las en alles daarmee kan gaan aflaai by Jesus, oorgee aan Hom – sodat daar weer vreugde in jou lewe kan kom.

 

Nog ‘n proses wat deurloop moet word in die genesing van die depressiewe persoon, is die rol van vergifnis.  (Die saak word ook weer kortliks genoem onder genesing op geestelike terrein)

  • Vergifnis se eerste stap is om die feite in die oë te kyk oor wat jou aangedoen is, om te verwoord wat presies gedoen is, wie is verantwoordelik daarvoor, en wat was die effek op my.

  • Verwoord die emosies wat jy ervaar het, soos vrees,

  • of skuldgevoelens, of vernedering (shame), of dan woede.

 

 

 

  • Ervaar en verwoord die pyn bv iets soos verwerping. ‘n Ander tegniek is om die emosies uit te skryf, of om dan ‘n brief te skryf aan die persoon, of om met ‘n leë stoel te praat.

  • Om dan die haat te konfronteer, erken dat die haat en woede aanwesig is.

  • En dan om die pyn te deurleef.

  • Dan kom die lê van nuwe grense, van wat is toelaatbaar, en wat maak inbreuk op my.

  • Om dan die ander een vry te spreek, te laat gaan.  Dit kan soms skriftelik gedoen word en dan word die brief verbrand as ‘n sigbare simbool van die “laat gaan”.

  • Om nou weer voor te begin, en verantwoordelikheid vir jouself te aanvaar, sodat jy nie meer ander blameer nie.

  • En dan laastens, die uiteinde van vergifnis, die voltooiing van die proses, is die versoening, die herstel van die verhouding.

 

 

 

 

 

 

 Die aanmoediging om dan hulle te vergewe wat jou kwaad aangedoen het, is ‘n hulpmiddel in die herstelproses van die depressiewe persoon, want jy sit dalk met die opgekropte woede oor onregte van die verlede. 

 

 

                                                  Die artikel vervolg HIER

 

 

© 2023 by Uniting Church Arizona. all rights preserved.

  • facebook-square
  • Twitter Square
  • google-plus-square
bottom of page