top of page

3.3  Hantering van die fisiese element van depressie

 

                                                                             

                                                   

 

       

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

      

                              

Ps  73: 21 - 24

Toe ek verbitter was en veronreg gevoel het,  was ek dom en sonder insig....

Tog was ek nog altyd by U

want U vat my aan die hand.   U lei my met U raad

en aan die einde sal U my in ere by U opneem.  (hoop)

Dis belangrik  vir jou om te besef wat die rol van fisiese omstandighede en lewensgewoontes op depressie is.  Daar kan vyf lewensgewoontes onderskei word wat belangrik is vir die herstel van jou vreugde en hoop en goeie funksionering.  Die berader kan weereens van die tegniek gebruik maak van ‘n blaaibord om die vyf lewensgewoontes of –style te kan neerskryf.  Die rede vir die neerskryf daarvan is vir eksternalisering van jou omstandighede.

 

Eetgewoontes. 

Oor die algemeen kan goeie eetgewoontes beskryf word as om eerder ‘n verskeidenheid van onverwerkte en rou kos te eet, as “gefragmenteerde” kos. Dis ook beter om meer gereeld kleiner hoeveelhede kos te eet as reuse maaltye.  Dis ook belangrik om ‘n beperking te plaas op hoë koolhidrate-inname, bv koeldranke

wat baie suiker bevat; asook ‘n beperking

op die inname van kaffiëne.  Natuurlik kan

van ‘n kundiges soos ‘n dieetkundige of dokter

gebruik gemaak word indien die pasiënt se

eetgewoontes ‘n groot probleem is.

 

Voedselaanvullings.

  In die geval van die depressiewe persoon is die inname van vitamien-, minerale-, en aminosuur-aanvullings belangrik.  Weereens kan hierin van professionele hulp gebruik gemaak word.

 

Fisiese Aktiwiteit. 

Die oproep tot fisiese aktiwiteit kan baie diplomaties beskryf word.  Moenie skielik na jare van totale onaktiwiteit drasties begin oefen nie – beweeg net meer.  Bv parkeer ‘n bietjie verder van die winkel af, gebruik eerder die trappe as die hysbak, staan self op om iets te gaan haal.

 

Gesonde vloeistofinname. 

Die drink van skoon water kan nie genoeg beklemtoon word nie.  Koffie of koeldrank laat juis dehidrasie toeneem, omdat die soet in die vloeistof die dors wegneem. 

 

'n Goeie nag se slaap.

  Die noodsaaklikheid van goeie slaapgewoontes en ‘n vaste roetine van slaap en opstaan is net so belangrik.

 

Tipe A-persoonlikheid. 

 Dis iemand wat baie kompiterend is, wat gedurig resultate soek,

wat gedurig gejaagd is. 

So iemand moet dan hulp kry om teen ‘n stadiger pas

te beweeg,  om te leer om te ontspan.  So iemand moet

ook leer om beter tydsbestuur toe te pas, om te kan delegeer.

 

 

3.4  Hantering van die geestelike element van depressie

 

Dit is soms vir mense ‘n groot bevryding om te ontdek dat depressie nie ‘n saak is van “ek het die Here God in die steek gelaat” nie.  Dis nog meer bevrydend wanneer iemand ontdek dat depressie is ‘n biochemiese reaksie op te veel te lank.  Of soos iemand dit gestel het: “Depression is not ‘n sign of weakness.  It means you have been strong for far too long”.  Daar is ook baie mites rondom depressie, bv dat gelowiges dit nie kry nie.  

 

Daarom moet ek my eie selfspraak oor die Here God op die tafel sit (of dan nou neerskryf), sodat wat die Here sê, daarteenoor gestel kan word.  Bv soos die bekende Psalm 23v4 dit stel:  “Al gaan ek ook deur donker dieptes sal ek nie bang wees nie, want U is by my” – die trooswoord is dat al moet ek deur moeilike omstandighede gaan, beteken dit nie die Here het my verwerp nie.  Dis belangrik om te onthou:  Ek mag maar liefde ervaar, die Here wil vir my vreugde gee, ek kan anders kyk na my omstandighede.

 

Ek moet ook leer om ruimte te skep sodat ek weer opgewonde kan raak oor die Woord van Here, en so die Persoon agter die Woord ontmoet.

 

In aansluiting by die gedagte van depressie as opgekropte woede, moet ek ook leer om te vergewe.  Die rol van vergifnis is baie belangrik, al ervaar mense dat vergifnis eintlik “beheerverlies” vir hulle inhou.  Ek moet dus gehelp word om ook myself voor die Here God te verneder deur my skuld te bely.

 

 Daarby die gedagte van om van die Here te leer  – al hoe meer te leer van sy liefde vir ook sukkellende mense;

 

 

 

 

   

 

ook van vertroue – want ‘n mens gaan nie noodwendig al die antwoorde dadelik kry nie; gehoorsaamheid – dat ‘n mens eenvoudig gehoorsaam aan sy opdrag moet wees om bv lief te hê, ongeag hoe jy voel op die stadium;

en dan laastens om hoop op die Here te beoefen– omdat hoop op die Here iets anders is as ons normale gebruik van die woord hoop.  Die hoop op die Here is ‘n sekerheid, omdat dit op God self gerig is.

 

 As Bybelse voorbeeld vir die rol wat hoop kan speel in die lewe van die depressiewe persoon, word die boek Klaagliedere voorgehou – van hoop wat uitgeput is; van hoop wat weer geaktiveer word; van hoop wat weer gefokus raak; maar die herstel kom uit die ontdekking van die Here God se groot liefde en meelewing, dat die Here vertrou kan word. 

 

Dit is insiggewend wat die kern is van die apostel Paulus se oortuiging.  Dis die bekende drie woorde van geloof, hoop en liefde (1 Kor 13 v 13),

waar geloof die gesindheid is van afbuig voor God, van selfvernedering;

en dan hoop is die opkyk na God toe, die vashou aan Hom, die sekerheid van wie Hy is;

en die optrede maak my vry om liefde (omgee) vir ander te kan betoon.

 

                 

 

4.   OPSOMMING

 

Die volgende verduideliking van depressie help ons om dit te verstaan: 

In enige elektriese stroombaan (in motors of huise of in toerusting) is daar ‘n “fuse”.  Ongelukkig het mense nie ‘n ingeboude “fusible link” nie.  Wanneer die stroom of invloede of inset by mense te lank te veel is, dan kry jy eerder ‘n “system shutdown” – of te wel depressie.

 

Die gedagte van die hantering van depressie is  eksternalisering,  om dan die klem op die positiewe te plaas, op die “suksesse” van jou as persoon.  Die positiewe dinge, juis ook die dinge wat die Here God doen,  word dan buite die swart sirkel geskryf – in die hoop om al hoe meer buite die swart sirkel te kry, sodat jy dan al hoe meer opgebou word en aangemoedig word. 

 

 

                                          BYLAE A

Die verhaal van die profeet Elia en die wyse waarop sy depressie hanteer is, as voorbeeld vir mense om hulleself in te herken.

 

1.   Die storie.

 

Die profeet Elia was nogal iemand besonders.  Al het hy uit ‘n eenvoudige agtergrond uitgekom, was hy hoogaangeskrewe en gerespekteer profeet in die ou Israel.  Daar word vertel van al die wonderwerke wat deur sy toedoen gebeur het, van hoe die Here vir hom boodskappe gegee het om aan die Israeliete te gaan deurgee.

 

 Die dramatiese hoogtepunt het gekom (hfst18) na die drie jaar droogte en die gepaardgaande hongersnood toe die Here die profeet opdrag gee om die Baalgodsdiens in Israel en die profete daarvan, te konfronteer.  Die dramatiese ontmoeting het op die berg Karmel plaasgevind en die profeet se gebed het op die ou einde die vuur uit die hemel afgebring wat die offer aan die brand gesteek het, wat die Baalprofete nie kon doen nie.  En daarna het Elia gebid en dit het gereen.  En hy het selfs voor die koning se perdewa uitgehardloop.  Elia was op ‘n geweldige hoogtepunt.

 

Maar dan (hfst 19) stuur die koningin Isebel ‘n boodskap na Elia toe wat hom met die dood dreig.  En dit was vir die profeet net die laaste strooi – te lank was hy op hierdie hoogtepunt, te lank te veel.  En hy vat die pad die woestyn in en gaan lê – totaal moedeloos, wens om dood te gaan.  En sy gedagtes is:  my lewe is sinloos, ek kon niks regkry of verander nie, ek beteken niks meer as ander nie, die dood sal ‘n uitkoms wees.  En hy raak aan die slaap.

 

Maar in sy wonderlike genade het die Here nie van Elia vergeet nie.  Die Here stuur ‘n engel om Elia kos te gaan gee, want wie so voel soos Elia is ook nie meer lus om te eet nie.  Heel eerste gee die Here aandag aan Elia se liggaam – hy moet kos inkry.  Maar Elia is nog nie reg nie, die behandeling moet verder gaan – en toe maak die engel weer kos en maak vir Elia wakker sodat hy ‘n tweede keer kan eet.

 

En dan vat die Here vir Elia uit sy omstandighede uit weg – hy moes loop tot by die berg Horeb.  Daar vind ‘n ontmoeting met die Here plaas. In die gesprek met die Here gee Elia sy magteloosheid deur, al sy werk was vir hom sinloos, dit het niks gehelp nie.  Eintlik is daar ‘n groot klomp woede teenoor die Here:  “Ek het my met hart en siel gewy aan u saak Here, Almagtige, maar… net ek het oorgebly.”

 

Genadiglik verstaan die Here en is Hy heel geduldig met Elia – en daarom kry die profeet weer ‘n spesifieke opdrag – en so kom daar weer sin in sy lewe, ‘n doelgerigtheid – hy het ‘n nuwe fokus. En daar vat Elia die pad met nuwe energie, doelgerig.

 

2.  Die simptome van depressie in die lewe van Elia

 

Die terneergedruktheid en wanhopigheid en moedeloosheid,  die veranderende slaap- en eetpatrone, die verlaagde energievlakke, die doelloosheid, die onttrekking uit die gemeenskap en mense, ens.

 

3.  Die risiko-situasies

 

Geestelike- of ander leiersfigure, of iemand wat verliese gely het, iemand wat intense woede beleef en dit nie kanaliseer nie, iemand met skuld uit die verlede of post traumatiese stres-situasies.

 

4.  Daar is hulp te kry.

 

Daar is hulpbronne vir die hantering van depressie – bv Algemene praktisyn, sielkundiges, leraars, Klinieke en Hospitale (bv Hunterscraig, Elizabeth Donkinhospitaal)

 

 

                                                                     BYLAE B

                    DEPRESSIE AS CHEMIESE WANBALANS

 

Vroeër in hierdie storie is gewys op al die fisiese en emosionele oorsake van depressie.

 

Hierdie abnormale toestande het die effek dat chemiese balans in die brein geaffekteer word. Dit beteken die neuro-oordragstowwe raak deurmekaar, en dan word dit te gou heropgeneem, of die werking daarvan word vertraag, of deur ander stowwe in die sinaptiese ruimte geblokkeer. 

Sien onderstaande diagram

 

In hierdie abnormale situasie word die hoeveelhede van die neuro-oordragstowwe versteur, met gevolg dat die verskillende dele van die brein nie reg funksioneer nie.  Die wan-funksionerende brein het dan bv tot gevolg ‘n ingeperkte geheue, of swak konsentrasie, of ‘n lae werkspoed, of lae energie, of slaapversteurings of lae seksdrang, of veranderde eetlus, of veranderde gemoedstemminge.

 

Dit is veral dan die Diep Limbiese Sisteem wat geaffekteer word. 

Die sisteem bepaal die emosionele toon van die brein, filtreer eksterne gebeure, stoor hoogs gelaaide emosionele herinneringe, bepaal en reguleer motivering en libido, prosesseer die reuksintuig, bevorder binding, kontroleer eetlus en slaap.

 

Binding, reuke, seksualiteit en die Diep Limbiese Sisteem is ten nouste verbind. 

Die verdere gevolge van probleme in die sisteem is dan buierigheid, negatiwiteit, probleme betreffende aptyt en slaap, verhoogde of verlaagde seksuele respons, gebrek aan motivering en gebrekkige vermoë om te sosialiseer.

As die sisteem ooraktief raak kan negatiwiteit en depressie intree.  Vroue se groter Diep Limbiese Sisteem maak hulle meer kwesbaar vir depressie, veral gedurende tye van betekenisvolle hormonale veranderinge, soos die aanvang van puberteit, voor menstruasie, na die geboorte van ʼn kind en tydens menopouse.

 

Of aan die ander kant: Elke keer wanneer jy ‘n woedende gedagte bedink, ‘n onaangename herinnering beleef, ‘n hartseer gedagte of ‘n gedagte gekoppel aan onreg, dan stel jou brein sekere chemikalieë vry wat jou liggaam negatief beïnvloed en die diep Limbiese Sisteem aktiveer.

Spiere kan gevolglik gespanne raak, die hart vinniger klop, hande begin sweet en jy kan selfs duiselig voel”. Of verder:  “Telkens wanneerjy positiewe en aangename gedagtes bedink, dan stel jou brein chemikalieë vry wat die liggaam goed laat voel en die Limbiese Sisteem laat afkoel”.

 

 

 

 

 

 

 

© 2023 by Uniting Church Arizona. all rights preserved.

  • facebook-square
  • Twitter Square
  • google-plus-square
bottom of page