top of page

Om Sy Wil te Soek

  • Writer: NG Kerk Aberdeen
    NG Kerk Aberdeen
  • Nov 16, 2014
  • 10 min read
DSC02518.jpg

Jeremia 26

16 November 2014

Laaste Sondag in

Koninkrykstyd

OM SY WIL TE SOEK

Ds Abe Beyers

ONTMOETING

  • Ons erken die HERE

  • Hy groet ons

  • Ons sing ‘n loflied – 464 v 1, 3, 4

O Heer my God,

as ek in eerbied wonder -

en al u werke elke dag aanskou:

die son en maan,

die aarde, sterre, wolke,

hoe U dit elke dag so onderhou...

Dan moet ek juig,

my Redder en my God!

Hoe groot is U; hoe groot is U!

Want deur die hele skepping klink dit

saam: hoe heerlik, Heer, u grote Naam!

U Seun word mens;

in ons gebroke wêreld

kom vestig Hy sy koningheerskappy.

Hy maak weer heel

wat sonde hier gebreek het.

Hy bring weer hoop

en redding - ook vir my.

Dan moet ek juig,

my Redder en my God!

Hoe groot is U; hoe groot is U!

Want deur die hele skepping klink dit

saam: hoe heerlik, Heer, u grote Naam!

VERHOUDING

  • Wie is die Here? (Ps 98 v 1)

1 Sing ‘n nuwe lied tot eer van die Here, want Hy het magtige dade gedoen, deur sy krag en Goddelike mag het Hy oorwin.

2 Die Here het sy oorwinning bekend gemaak, aan die nasies het Hy sy reddingsdade geopenbaar.

3 Aan die huis van Israel het Hy sy liefde en sy trou herbevestig; die hele wêreld het gesien dat ons God die oorwinning behaal het.

  • En nou ons? (Matt 6v33)

  • Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee.

  • Ons antwoord met Lied 176 (x2)

Halleluja!

U is Koning.

Ons aanbid U in u woning.

U's die Alfa en Omega,

daarom sing ons: Halleluja!

WOORD-TYD

  • Gebed

  • Woord – Jeremia 26

1. GETEKEN

Ons almal lees gereeld uit die Bybel uit – die Bybel as die Here Jesus se handleiding vir wat ons moet wees en wat ons moet doen, en sommer ook wie die Here is en waarmee Hy besig is.

En ons weet dat die Here Jesus ook vandag besig is om sy Koningskap hier in Aberdeen en oral in die wêreld uit te brei. Hy is die lewende God wat heers.

Maar dan gaan die storie nog verder. Die Here betrek ons wat sy kinders is in hierdie proses, ons is sy dienaars, ons word ingetrek in hierdie regering van die Here Jesus. Hy werk deur ons, of dit nou op amptelike vlak is soos bv die kerkraad, en of dit sommer daar is waar die buurman iemand oorkant die straat help, die Here werk deur mense.

Omdat Hy die lewende Heerser is, gee die Here soms ook vir mense spesifieke opdragte – gaan doen dit of gaan sê die boodskap vir daardie een.

En dis nou hierin waar dinge soms vashaak of dan nou ongemaklik raak vir ons. Wanneer die Here Jesus vir iemand ‘n boodskap gee om te gaan oordra, of ‘n opdrag gee, dan ontvang die hoorder nie ‘n getekende opdrag nie. Dis net die hoorder wat weet waar kom die boodskap vandaan.

( Hierdie is 'n voorbeeld van 'n getekende brief.)

REFERENCE: 18076

13/12/6/1

ENQUIRIES: DJ Moonsamy TEL: 021 467 2000 FAX: 021 467 2996

INSTITUTIONAL MANAGEMENT AND GOVERNANCE PLANNING MINUTE: 0012/2013

TO:

ALL CHIEF DIRECTORS, DIRECTORS (HEAD OFFICE AND DISTRICT OFFICES), IMG HEADS, IMG MANAGERS, CIRCUIT TEAM MANAGERS, CURRICULUM ADVISERS, AND HEADS OF ALL EDUCATIONAL INSTITUTIONS

tors.

2. Public and School Holidays in 2015:

01 January 2015 - New Year’s Day

21 March 2015 - Human Rights Day

03 April 2015 - Good Friday

06 April 2015 - Family Day

27 April 2015 - Freedom Day

01 May 2015 - Workers' Day

15 June 2015 - School Holiday

16 June 2015 - Youth Day

09 August 2015 - National Women's Day

10 August 2015 - Public Holiday

24 September 2015 - Heritage Day

25 September 2015 - School Holiday

16 December 2015 - Day of Reconciliation

25 December 2015 - Christmas Day

26 December 2015 - Day of Goodwill

3. Principals are urgently requested to inform all educators, learners, parents and members of governing bodies of the contents of this minute.

SIGNED: J H LYNERS

HEAD: EDUCATION

DATE: 2013:10:02

Soos in die voorbeeld, weet almal wie die brief geskrywe het, en die minister staan pa vir die brief – maar die Here werk nie so nie.

As iemand nou aanspraak maak daarop dat hy die Here se boodskapper is, dan kan ek nou nie vir hom gaan aanvat en sê: wys vir my die brief wat die Here vir jou gegee het nie.

Ons kan nog baie lank oor die probleem praat – ons lees al daar in die OT in die boek Deuteronomium dat die Here sê dat Hy nie vir iemand ‘n boodskap sal gee wat in stryd is met sy riglyne nie, Hy sal nie vir iemand sê om bv kwaad te gaan doen nie. Hy gaan nooit vir iemand iets sê wat in stryd is met die Bybel nie - maar dis nie nou die punt nie.

2. DIE BOODSKAP

Ons lees daar in Jeremia 26 van so ‘n ongemaklike situasie – dit was in die jaar 609 vC. (sowat 400 jaar na koning Dawid)

LEES Jeremia 26 v 1 – 6

Jer 26:1 Kort nadat Jojakim seun van Josia koning van Juda geword het, het hierdie woord van die Here gekom:

2 So sê die Here: Gaan staan in die voorhof van die huis van die Here en praat met al die mense wat uit al die stede van Juda kom om in die huis van die Here te aanbid. Jy moet alles wat Ek jou beveel, vir hulle sê. Jy mag nie ‘n enkele woord weglaat nie.

3 Miskien sal hulle luister en hulle van hulle verkeerde lewe bekeer. Dan sal Ek die straf herroep wat Ek oor hulle wou bring oor hulle sondige dade.

4 Jy moet vir hulle sê: So sê die Here: Julle moet na My luister en my wil doen wat Ek aan julle bekend gemaak het.

5 Julle moet luister na wat my dienaars die profete sê, my profete wat Ek vroeg en laat na julle toe gestuur het sonder dat julle na hulle geluister het.

6 As julle dit nie doen nie, sal Ek hierdie huis soos Silo maak en Ek sal hierdie stad maak tot iets waarmee al die volke van die wêreld ander vervloek.

Dit was maar vir Jeremia baie moeilik gewees – gaan bring nou sό ‘n boodskap daar in die kerkgebou in Jerusalem – die Here gaan die stad en die tempel verwoes.

Maar wat vir ons vandag van baie groter belang is, is die reaksie op die boodskap.

LEES Jeremia 26 v 7 – 9

Jer 26:7 Die priesters, die profete en die hele volk het Jeremia hierdie dinge hoor sê in die huis van die Here.

8 Toe Jeremia klaar vir die volk alles gesê het wat die Here hom beveel het om vir hulle te sê, het die priesters en die profete en die hele volk hom gepak en gesê: "Jy moet beslis sterf!

9 Waarom tree jy in die Naam van die Here op as profeet en sê dan dat hierdie huis soos Silo sal word en dat hierdie stad verwoes sal word en sonder inwoners sal wees?" Die hele volk het in die huis van die Here om Jeremia saamgedrom.

In plaas van dat die priesters en die profete toe gaan en sê: goed ons hoor jou Jeremia – kom ons gaan kyk of die boodskap in lyn is met wat die Here destyds deur Moses gesê het, en of ons dan skuldig is aan die dinge. Maar wat hulle toe doen, is om kwaad te word en die priesters en die gemeentelede wou toe sommer daar en dan vir Jeremia teregstel.

Nou hoekom is hulle dan so kwaad vir Jeremia? In daardie tyd het die priesters die hele stelsel van godsdiens aan die gang gehou – en hulle moes verkondig dat die Here die stelsel seёn en aan die gang hou, en dat die Here vir hulle vrede sal gee ten spyte van die dreigende oorlogswolke op die horison. Maar hulle het niks gesê oor die onreg en die uitbuiting en die korrupsie en die verkeerde dinge nie, want die stelsel moes aan die gang gehou word, die sisteem moes aangaan, die status quo moes bly. Van wat die Here wil en waarmee Hy besig is, is daar nie gepraat nie.

3. HOFSAAK

Genadiglik het die regstelsel nog goed gefunksioneer, daar was darem nog wet en orde.

LEES Jeremia 26 v 10 – 12, 16

Jer 26:10 Toe die amptenare van Juda al hierdie dinge verneem, is hulle van die paleis af na die tempel toe. Hulle het by die nuwe poort van die tempel gaan sit, en die priesters en die profete het vir hulle en vir die hele volk gesê: "Hierdie man moet die doodvonnis kry, want hy het as profeet hierdie dinge teen die stad gesê. Julle het dit self gehoor."

12 Toe antwoord Jeremia al die amptenare en die hele volk: "Die Here het my gestuur om as profeet op te tree teen hierdie huis en teen hierdie stad en om alles te sê wat julle gehoor het.

Jer 26:16 Toe sê die amptenare en die hele volk vir die priesters en die profete: "Hierdie man mag nie die doodvonnis kry nie, want hy het met ons gepraat in die Naam van die Here ons God."

Dis nou die vreemdste en onstellendste van die storie – die kerk, die priesters wil iemand laat terregstel wat ‘n boodskap bring, maar die staat gryp in en die man se lewe word gespaar.

Daar is nogal merkwaardige ooreenkomste met die kruisiging van Jesus Christus 600 jaar later. Die staat (Pilatus) wou ook die veroordeling deur die kerk van destyds omkeer, maar die kerk van destys wou nie en op die ou einde is Jesus tereggestel.

4. SOEK NA DIE WIL VAN DIE HEER

Nou wat het die storie van die profeet Jeremia met ons vandag te doen – dis 2600 jaar later?

Daar is vir my twee dinge wat ons as kerk, as gemeente moet hoor.

Ons staan in ‘n verhouding met die lewende Here Jesus wat vandag hier regeer – Hy is die Here en ons is sy dienaars – en daarom moet ons gedurig soek na wat Hy wil. Ons moet gedurig besig wees om te probeer uitvind wat die Here mee besig is, wat is sy wil, wat doen Hy nou, wat is sy plan vir die huidige situasie. Omdat die Here nie getekende dokumente vir mense gee nie, bly dit ‘n worsteling om uit te vind presies hoe wil die Here hê moet ons nou doen.

Die priesters in die tyd van Jeremia het nie belanggestel daarin om te probeer uitvind wat die Here God wil nie – vir hulle het dit daaroor gegaan om ‘n stelsel aan die gang te hou. Ons as kerk moet baie nederig, en in biddende afhanklik vra na die Here se wil. Dit is ‘n styl, ‘n gesindheid teenoor die Here – Hy is die Here en ons is sy gemeente.

Die Here Jesus self het daar in Matteus 6 ook vir sy volgelinge aangemoedig om erns te maak met die Here se wil en waarmee Hy besig is – daar staan: Beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, en al die ander dinge sal vir julle bygevoeg word.

5. “DIS DIE WIL VAN DIE HERE”

Maar dan is daar nog iets in die storie – wanneer ek as gelowige dan uitsprake maak oor wat die wil van die Here is, dan moet ek baie seker maar dat ek wel die Here se wil verkondig, en nie my eie storie nie.

Tans is daar heelwat beroeringe in die NG kerk aan die gang. In die volgende maande gaan die kerkraad en die gemeente oor dinge moet besluit, keuses maak. En daar is allerhande uitsprake en menings oor die toekoms van die NG kerk en wat moet gebeur vorentoe. Wat hierdie storie voor elkeen van ons se deur lê vandag, is die vraag: is die uitspraak wat ek maak in lyn met wat die Here wil, praat ek uit sy mond uit, of is ek besig soos die priesters destyds om maar net met my eie belang besig te wees?

6. NIE SOMMER SPELETJIES NIE

Miskien is ons gedagtes nou dat die storie van die Here se wil en uitsprake is sommer stories, ek hoef my nie daaraan te steur nie. Ek gaan aan met my lewe en doen soos wat ek wil – die ontstellende is net dat die Here se boodskap destyds deur die profeet Jeremia toe so gebeur het. Slegs 4 jaar later het die Here sy gemeente na Babilon toe geskuif – die tempel en die stad Jerusalem self was toe 18 jaar later verwoes.

En daarom weer – wat vra die storie in Jeremia 26 vir ons vandag hier in Aberdeen?

  • Om erns te maak en te soek na wat die wil van die Here is, om in aanraking te kom met Hom, om van Hom te hoor – want Hy is die Heer wat besig is om sy Koningskap uit te brei, en ons is deel daarvan.

  • En dan ook: as ons dan uitsprake maak oor wat die Here se wil is en oor die toekoms en oor gemeente-wees, dan moet ek seker wees dis die Here wat so sê.

  • Lied 436:1

Herskep, o Gees, laat leef, o Gees,

laat kom die koninkryk met mag,

laat mense tot bekering kom,

oorreed deur u oortuigingskrag.

O Gees, verlig ons, laat ons vind

die waarheid wat u Woord ons leer

dat ons met God en met mekaar

in Gees en liefde kan verkeer.

Herskep, o Gees, laat ons herleef,

maak wakker elkeen in u kerk.

Laat ons uit God se liefde leef,

en dankbaar waak en bid en werk.

HERINNERINGS-ETE

  • Sing lied 253 v 1

U het die brood gebreek

eens by die meer

breek nou die lewensbrood

vir my ook, Heer.

Wil steeds u waarheid meer

aan my ontvou

tot ek ook in u Woord

my Heer aanskou.

DANKBAARHEID

  • Offergawes

  • Laaste Lied – 488 v 1, 3, 4

Helder skyn u lig vir die nasies,

'n vreugdeglans om die mense te verlig

tot die hele wêreld kan sien

U is die lig.

Mag u lig, Heer, deur ons skyn.

Balsem bring herstel vir die wonde,

'n sagte salf vir die mense met hul seer

tot die hele die wêreld kan sien

dat U genees.

Mag U troos, Heer, deur ons bied.

Heer, u Woord gee hoop aan die nasies;

'n hartvol hoop om die volke te verbly

tot die hele wêreld kan glo dat U bevry.

Mag U hoop, Heer, deur ons gee.

DIE HERE SE BELOFTE

  • Sy Heerskappy altyd en oral


 
 
 

Comments


Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags

© 2023 by Uniting Church Arizona. all rights preserved.

  • facebook-square
  • Twitter Square
  • google-plus-square
bottom of page