Doopsondag - 13 Desember 2015
Inlywing in die Familie van Jesus
Vandag bring John en Anriëtte (Lategan) hulle dogtertjie, Mia om ingelyf te word in die familie van Jesus.

Ds Abe doop vir klein Mia terwyl John en Anriëtte toekyk.
Ds Abe praat t.o.v. die doop as volg met John en Anriëtte en met die gemeente:
Ons het vanoggend ‘n ou dogtertjie ingelyf in die familie van die Here God in – maar sy weet nog niks van die Here af nie. Sy weet nog nie of daardie Iemand vertrou kan word nie. En dis wat haar ouers aan haar gaan oordra: dat die die Here Iemand is wat vertrou kan word met haar hele lewe en dat Hy haar Verlosser is.
Net soos Elisabet se storie vir Maria die bevestiging was dat die Here betroubaar is, net so moet ons stories vir ander die bevestiging wees dat die Here betroubaar is.
Ons moet lopende advertensies wees dat die Here betroubaar is, ander moet ons kan lees dat ons al klaar ontdek het dat die Here wonderlik is.
Daarmee is die laaste pynlike vraag skielik voor ons: Wie is die Here vir my? Het ek Hom al ontdek as betroubaar?
My wens vandag is net dat die belewenis en ontdekking wat Maria destyds gehad het, nl. die groot storie oor die Here God, van sy betroubaarheid, van wie Hy is, van sy aard – weer jou verhouding met Hom sal vernuwe – dat jy ook weer vandag soos Maria sal sing: Ek besing die grootheid van die Here, ek juig oor God my Verlosser.